
Shaun Pollock
Shaun PollockOIS (16 Julie 1973 in Port Elizabeth, Kaapprovinsie) is ‘n voormalige Suid-Afrikaansekrieketspeler en kaptein van die Proteas. Pollock het saam met Allan Donald jare lank ‘n indrukwekkende boul-vennootskap gevorm. Van 2000 tot 2003 was hy die kaptein van die Proteas. Hy het onder meer tydens die Krieketwêreldbeker 1996, Krieketwêreldbeker 1999, Krieketwêreldbeker 2003 en Krieketwêreldbeker 2007 vir Suid-Afrika gespeel.
Op 11 Januarie 2008 het hy sy aftrede van alle vorme van internasionale krieket aangekondig na sy 303ste Internasionale eendagwedstryd op 3 Februarie.[1] Hy doen nou vir SuperSport verslag oor Suid-Afrikaanse krieket. Shaun Pollock is in November 2021 in die IKR se Heldesaal opgeneem.[2]
. . . Shaun Pollock . . .
Shaun Pollock se toetsloopbaan begin op 16 November 1995 teen Engeland op SuperSport-park in Centurion. Hy het in 108 toetswedstryde vir Suid-Afrika gespeel.
Nadat Hansie Cronje van krieket verban is, het Pollock as kaptein in April 2000 oorgeneem. Hy is vervang ná Suid-Afrika se vertoning in die 2003-krieketwêreldbeker.
Alhoewel hy nie meer kaptein was nie, het hy sy plek in die span behou. Ná ‘n teleurstellende toetsreeksreeks teen Australië in 2005/2006 was hy gekritiseer dat hy sy boulvermoë verloor het. Hy het die laagste (beste) ekonomiese koers van enige bouler wat 300 EDI paaltjies geneem het,[3] en hy is ook die eerste Suid-Afrikaner en slegs die tiende speler om 400 toetspaaltjies te neem. In September 2007 is hy vir die eerste keer in sy loopbaan nie gekeur vir die Suid-Afrikaanse toetsspan nie.[4]
Hy het die meeste paaltjies vir Suid-Afrika geneem in toetse tot en met Dale Steyn hom op 26 Desember 2018 verbyvat. Hy het meer as 400 toetspaaltjies behaal en meer as 3 700 toetslopies in sy 108 toetswedstryde aangeteken.[4][5]
- (en) “Pollock announces his retirement”. BBC. 11 Januarie 2008. Besoek op 13 November 2021.
- (en) “Janette Brittin, Mahela Jayawardene and Shaun Pollock inducted into ICC Hall of Fame”. ESPNcricinfo. 13 November 2021. Besoek op 13 November 2021.
- (en) “Records – One-Day Internationals – Most wickets in career”. ESPNcricinfo. Besoek op 13 November 2021.
- (en) “Morkel injury hands Pollock hope”. BBC. 29 September 2007. Besoek op 13 November 2021.
- (en) “Steyn ties Pollock atop all-time SA wicket-taker list”. Sport24. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2018. Besoek op 14 Julie 2018.
. . . Shaun Pollock . . .