Nardus

Nardus (Nardostachys grandiflora of Nardostachys jatamansi; ook genoem muskus) is ‘n blomplant van die Valeriaan-familie wat groei in die Himalaja-berge van China, Indië en Nepal. Die plant groei tot omtrent 1 m in hoogte en het pienk, klok-vormige blomme. Nardus risome (onderstok) kan vergruis word en gedistilleer word in ‘n intens aromatiese amberkleurige eteriese olie met ‘n baie taai konsistensie. Nardus-olie word gebruik as ‘n parfuum, ‘n wierook, ‘n kalmeermiddel, en ‘n kruie medisyne wat glo slapeloosheid, geboorte probleme en ander klein kwale beveg.

Nardus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Dipsacales
Familie:
Valerianaceae
Genus:
Nardostachys
Spesie:
N. grandiflora
Binomiale naam
Nardostachys grandiflora

DC.

Laventel (genus Lavandula) was ook bekend by die antieke Grieke as naardus, nard, geneem van die Siriese stad Naarda.

. . . Nardus . . .

Nardus kom in die Alpynse graslande van die Himalaja-state en dus in ‘n gebied wat van Afghanistan in die weste tot by Mianmar en China in die ooste strek teen hoogtes van tussen 3 000 en 5 000 meter bo seevlak voor.[1] Die plant aard veral op droë, beskermde plekke. Die grootskaalse oes van wilde plante en die bedreiging van sy natuurlike habitat het die voorkoms van Nardusplante reeds duidelik verminder. Alhoewel nardus as ‘n beskermde plant gelys word en beperkings op die handel met hele wortels of stukkies daarvan geplaas is, het die (wettige) handel met verwerkte produkte soos olie, pille en poeier toegeneem.[2]

Nardusolie was bekend gewees in die antieke tyd en was deel van die Ayurvediese genesing en kruietradisies van Indië. Dit was bekom as ‘n luuksheid in antieke Egipte, die Nabye Ooste en Rome, waar dit die hoofbestanddeel was van die parfuum nardinium. Die Romeinse wetenskaplike en skrywer Gaius Plinius Secundus lys in sy “Natuurgeskiedenis” (Naturalis historia) twaalf spesies van nardus, herkenbaar met wisselende sekerheid, in ‘n reeks van laventel stoechas en tuberous valerian tot ware nardus (in moderne terme Nardostachys jatamansi).

Nardinium was die gewildste parfuum, en nardusolie die waardevolste salfolie wat slegs vir priesters, konings en hooggeplaaste ingewydes bestem was.[3] Dit is byvoorbeeld as ‘n grafgif in die Egiptiese farao Tut-ank-Amon se graf gevind, en die koningin van Saba het dit as ‘n geskenk aan Salomo gegee.[4]

Dit was gebruik as een van die Elf Kruie vir die Wierook van die Tempel in Jerusalem.

Nardusolie was ‘n gewilde skoonheidsmiddel, maar het ook ‘n belangrike spirituele rol gespeel en is by begrafnis-, maar ook geheimsinnige rituele en plegtighede gebruik.[5][6]

Nardus word twee maal genoem in die Bybelse liefdeslied, die Hooglied van Salomo verse (1:12 en4:13). In Markus 14:3 en Johannes 12:3 gebruik Maria, suster van Lasarus ‘n pond egte, baie kosbare nardussalf om Jesus te salf, ontwaardig Judas Iskáriot onder andere, die dief wat van die bydraes geneem het (en wat Hom later sou verraai het), en veroorsaak dat Judas vra “Waarom is hierdie salf nie vir drie honderd pennings verkoop en die geld aan die armes gegee nie?” Vroeër in Jesus se verkondiging Lukas 7:37-50, het ‘n ongenoemde sondares sy voete met salf gesalf, en het sy sy voete natgemaak met haar trane en hulle afgedroog met die hare van haar hoof. Die kosbare parfuum het uit ‘n albaste fles gekom, wat aandui dat dit heel moontlik nardus was. ‘n Fles van nardus in hierdie samelewing was baie duur. Nardus was nie inheems aan die Bybelse heilige land nie en is saam met ander geneeskundige plante en speserye soos cassia en kaneel op die tradisionele handelsroetes uit Indië ingevoer.[7]

. . . Nardus . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Nardus . . .

Previous post Sanna Marin
Next post Islam in Suid-Afrika