
Enschede
Enschede (uitspraak(hulp·inligting)) is ‘n munisipaliteit en ‘n stad in die provinsie Overijssel in Nederland. Hierdie stad is die grootste stad van Overijssel met meer as 160 000 inwoners (2011). Enschede is die elfde stad van Nederland. Dit is in Twente geleë en word in die noorde begrens deur die munisipaliteite Dinkelland, Oldenzaal en Losser, in die ooste deur Gronau in Duitsland, in die suide deur Haaksbergen, en in die weste deur Hengelo
Die naam se betekenis is waarskynlik “An die Schede” (Aneschedhe, 1118) Oud-saksies: scheed (‘skeiding’ of ‘grens’). Die naam verwys na ’n grens aan ’n moerasgebied.
Enschede ontstaan in die vroeë middeleeue en het stadsregte in 1325 gekry.
Die stad was op 13 Mei2000 in die wêreldnuus toe die vuurwerkfabriek SE Fireworks in die Roombeek ontplof het en 23 mense gesterf het.
Enschede is wêreldbekend vir die Universiteit Twente, die sokkerklubFC Twente en die plaaslike bierGrolsch.
. . . Enschede . . .
Enschede ontstaan in die vroeë middeleeue naby ‘n klein kasteel. In 1325 kry Enschede stadsregte van die biskop van Utrecht. Tydens die Tagtigjarige Oorlog steun die Katolieke stad die Spanjaarde en veg dus teen die Nederlandse opstandelinge. Op 18 Oktober1597 word die stad ingeneem deur die Nederlanders onder Prins Maurits van Oranje-Nassau. Die verdedigingswerke van die stad word gesloop en Enschede bly vir 200 jaar slegs ‘n klein stad.
Nadat België in 1830 sy onafhanklikheid uitroep (waar die swaartepunt van Nederlandse industrie toe was), stimuleer die regering die industrie in Twente. In 1863 brand byna die hele stad af. Met die heropbou ontstaan ook moderne tekstielfabrieke en in die 19e eeu groei dit tot ‘n belangrike stad in Nederland. Enschede vertoon steeds baie geboue uit hierdie eeu.
Tydens die Tweede Wêreldoorlog is die stad tweemaal gebombardeer. Deur ingryping van Joodse nyweraars is verpligte registrasie van Jode voorkom, waardeur meer as die helfte van die Joodse bevolking van Enschede die oorlog oorleef het. In die sestigerjare van die vorige eeu het baie industrieë verhuis na laerloonlande maar in 1961 word die Universiteit Twente gestig. Enschede verander van ‘n nywerheidstad na ‘n universiteitstad.
. . . Enschede . . .