Dresden

Dresden (Sorbies: Drježdźany; afgelei van die Oud-Sorbiese Drežďany, “bewoner van ‘n moerasland”) is die administratiewe hoofstad van die Duitse deelstaat Vrystaat Sakse. Dit is in die suide van Oos-Duitsland in die Dresdense Elbe-riviervallei aan die oorgang van die bo- tot die middelloop van die Elbe en in die oorgangsgebied tussen die Noord-Duitse Laagvlakte en die Middelgebergtes geleë.

Dresden

Kaart Wapen voor 1990
Huidige wapen
 Land  Duitsland
 Deelstaat Sakse
 Koördinate 51°03′N13°44′O
 Stigting 1206 (eerste verwysing)
 Oppervlakte:  
 – Totaal 328,31 vk km
 Hoogte bo seevlak 113 m
 Bevolking:  
 – Totaal (31 Desember 2013) 530 754[1]
 – Bevolkingsdigtheid 1616,6 vk/km
 – Metropolitaanse gebied 760 000
 Tydsone UTC +01:00
 Burgemeester Dirk Hilbert (FDP)

Argeologiese spore in die huidige stadsgebied dui daarop dat die eerste menslike bewoners hulle al in die steentydperk in die Dresden-streek gevestig het. Die eerste historiese verwysing na Dresden dateer uit 1206. Dresden het as regeringsetel vir die Keurvorstedom Sakse, die latere Koninkryk van Sakse en hoofstad van die Saksiese Republieke gefungeer.

Vandag vorm Dresden – naas Leipzig een van Sakse se twee groot kernstede – die politieke sentrum van Sakse. Ook die meeste belangrike kulturele staatsinstellings is hier gesetel, net soos talle tersiêre onderwysinstellings. Dresden is daarnaas ‘n beduidende nywerheidsentrum in ‘n metropolitaanse gebied wat by die mees dinamiese in Duitsland gereken word.

Dikwels word na Dresden as Elbflorenz verwys – ‘n bynaam wat die stad aan die Italiaanse kunsmetropool Florence gelykstel en ‘n sinspeling op sy kunsversamelings, sy erfenis van barok- en mediterreense boukuns asook sy skilderagtige ligging aan die Elbe-rivier is.

. . . Dresden . . .

Frauenkirche/Vrouekerk – gebou 18de eeu, verwoes 13 Februarie 1945, in ruïne tot 1989
Frauenkirche/Vrouekerk – Herbouing voltooi in 2005

Enkele jare lank is Dresden nouliks deur die oorlogsgebeure geraak. Die eerste groot lugaanval op die stad is in Oktober 1944 deur geallieerde vliegtuie uitgevoer; maar eers op 13 Februarie 1945 is Dresden swaar getref deur een van die dodelikste lugaanvalle van die Tweede Wêreldoorlog.

Op 13 en 14 Februarie 1945 het Geallieerde bomwerpers Dresden aangeval en ‘n vuurstorm veroorsaak wat 25 000 burgerlike ongevalle tot gevolg gehad het. Die vuurstorm word veroorsaak deur ‘n mengsel van brandbomme en gewone bomme op die stad te gooi. Die gewone bomme verseker dat alle vensters en deure breek terwyl die brandbomme die wonings se dakke en plafonne aan die brand steek. Hierdie vure suig dan suurstof deur die stukkende deur en vensters in en verseker dat die vure verder ontvlam en groter word en aanhou brand totdat alle brandbare materiaal opverbruik is. Stormsterk winde word so veroorsaak.[2]

Gedurende die nag van 13 Februarie om 22:00 het ‘n eerste golf van 230 Avro Lancasters en Mosquitos binne 10 minute duisende tonne bomme en brandbomme oor die stad laat val. Om 00:30 op die 14 Februarie het die tweede golf bomwerpers van 550 vliegtuie nog duisende tonne bomme en brandbomme losgelaat. Later die dag van die 14de om 12:00 het nog 431 Amerikaanse Boeing B-17 Flying Fortress bomwerpers ook toegeslaan. Die aanval was egter nie so suksesvol nie omrede die weer betrokke was.

Toe die vuur op sy hewigste was, was dit 50km ver sigbaar. Temperature van tot 1600° C is bereik. Teer het gesmelt en mense wat in bomskuilings skuiling gesoek het is verkool of het versmoor.

Daar was agterna argumente oor die morele regverdiging van sulke aanvalle op burgerlikes. In elk geval het die lugaanvalle aanleiding gegee tot talle mites soos dié van ‘n histories unieke en onskuldige barokstad wat deur Anglo-Amerikaanse bomwerpers vernietig is. Die amptelike geskiedskrywing in die Duitse Demokratiese Republiek het die vernietigende aanvalle vanuit ‘n ideologies getinte anti-imperialistiese standpunt bekyk, net soos ver-regse politieke groeperings wat die gebeure steeds in ‘n nasionalistiese manier probeer uitbuit.

Meestal word egter verswyg dat Dresden een van die strategies belangrikste vervoerspilpunte van die Derde Ryk was, met groot militêre kasernes en wapenfabrieke wat van die stad een van die laaste militêre teikens in die oorlog gemaak het. Naas historiese barokgeboue is in Februarie 1945 veral woonkwartiere en winkelstrate van die meer welgestelde middelklas asook werkersbuurte uit die 19de en vroeë 20ste eeu vernietig.[3]

. . . Dresden . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Dresden . . .

Previous post T20I-wêreldbeker 2009
Next post Edward José