Colin Farrell

Colin James Farrell (geb. 31 Mei1976)[1] is ’n Ierseakteur. Sy eerste toneelervaring was in 1998 in die BBC se TV-drama Ballykissangel. Hy is veral bekend vir sy rolle in Alexander (2004), Miami Vice (2006) en In Bruges (2008). Vir laasgenoemde het hy ‘n Golden Globe gewen.

Colin Farrell
Farrell in 2015 op die Cannes-rolprentfees.

Geboortenaam Colin James Farrell
Geboorte 31 Mei 1976 (1976-05-31) (45 jaar oud)
Castleknock, Dublin, Ierland
Nasionaliteit Iers
Lewensmaat Kim Bordenave (2002–’03)
Alicja Bachleda-Curuś (2009–’10)
Kinders 2
Beroep(e) Akteur
Aktiewe jare 1997–tans
Internet-rolprentdatabasis-profiel

. . . Colin Farrell . . .

Farrell is in Dublin, Ierland, gebore as die seun van Eamon Farrell en Rita Monaghan. Sy pa het sokker gespeel vir die Shamrock Rovers en ’n gesondheidswinkel gehad.[1][2] Sy oom Tommy Farrell het vir dieselfde klub gespeel.

Die akteur het ’n gay ouer broer, Eamon jr., wat getroud is met die kunstenaar Stephen Mannion,[3] en twee susters, Claudine en Catherine. Eersgenoemde is sy persoonlike assistent.[4][5] Farrell het ’n oudisie gedoen vir die Ierse musiekgroep Boyzone, maar is nie gekeur nie.[5]

Onder aansporing van sy broer het hy die Gaiety School of Acting bygewoon en dit verlaat toe hy ’n rol in Ballykissangel kry.[6] As ’n 18-jarige besoeker aan Sydney, Australië, was hy ’n verdagte in ’n poging tot moord.[7] Die polisieskets het merkwaardig soos hy gelyk en hy het selfs erken dat hy die aand van die voorval bewusteloos geraak het. Sy enigste alibi was skynbaar ’n dagboek wat sy vriend gehou het waarin aangeteken is dat die twee in ’n ander deel van die stad was en die dwelmmiddelMDMA gebruik het.[8]

. . . Colin Farrell . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Colin Farrell . . .

Previous post NG gemeente Chivhu
Next post Tegnologiebeleid