Armeense alfabet

Die Armeense alfabet (Հայկական Այբուբեն) word sedert die jaar 405 of 406 gebruik vir die skryf van Armeens. Dit is geskep deur st. Mesrop Masjtots, ’n Armeense taalkundige en godsdiensleier, en het oorspronklik 36 letters bevat. Nog twee, օ en ֆ, is in die Middeleeue bygevoeg. Tot in die 19de eeu was Klassieke Armeens die amptelike taal, en sedertdien word die Armeense alfabet gebruik om die twee amptelike dialekte, Oos-Armeens en Wes-Armeens, te skryf. Die Armeense woord vir “alfabet” is այբուբեն (aiboeben) en is genoem na die eerste twee letters, Ա (այբ, aib) en Բ (բեն, ben). Die alfabet word van links na regs geskryf.

Armeense alfabet
Soort skryfstelsel   Alfabet
Tyd gebruik 405 – hede
Rigting Links na regs
Tale Armeens
Stelsels
Moederstelsels
Vermoedelik geskoei op Grieks

  • Armeense alfabet
ISO 15924 Armn, 230
Unicode Armenian,
U+0530–U+058F,
U+FB13–U+FB17
Nota
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat
Portaal   Skryfstelsels

. . . Armeense alfabet . . .

Kaart van Europese skrifstelsels:

 Grieks

 Grieks en Latyn

 Latyn

 Latyn en Cyrillies

 Cyrillies

 Georgies

 Armeens

Die Armeense alfabet is in 405 n.C deur st. Mesrop Masjtots, ’n Armeense taalkundige godsdiensleier, en sint Isak van Armenië geskep, hoofsaaklik vir die vertaling van die Bybel in Armeens. Middeleeuse Armeense bronne beweer Masjtots het omstreeks dieselfde tyd die Georgiese en die Kaukasiese Albanese alfabet geskep.

Verskeie alfabette word genoem as inspirasie vir die Armeense alfabet. Pahlewi was die priesterlike skrif in Armenië voor die bekendstelling van die Christendom en Siries, saam met Grieks, was een van die alfabette wat vir Christelike geskrifte gebruik is. Daar word ook gereken dat die Ge’ez-skrif ’n invloed op sekere letters gehad het.[1] Hoewel die Armeense alfabet ooreenskomste toon met al dié skrifte, is die algemene konsensus dat dit geskoei is op die Avestiese en die Griekse alfabet en aangevul is met letters uit ’n ander bron vir Armeense klanke wat nie in Grieks gevind word nie. Een van die bewyse daarvan is die Griekse volgorde van die Armeense alfabet en die vorm van sekere letters wat lyk of hulle van ’n variëteit van kursiewe Grieks afgelei is.”[2]

Daar is vier vorms van die skrif. Erkatagir (“gepantserde” letters) word beskou as Mesrop se oorspronklike skrif en is gebruik in manuskripte van die 5de tot die 13de eeu. Dit word steeds verkies vir epigrafiese inskripsies. Bolorgir (“kursief”) is in die 10de eeu geskep en het in die 13de eeue gewild geword. Dit was van die 16de eeu af die standaard-drukletters. Notrgir (“kleinletters”) is geskep vir spoed en is tussen die 16de en 18de eeu baie gebruik, en later in drukwerk. Sheghagir (“skuins skrif”) is nou die mees algemene vorm.

Hoewel Oos- en Wes-Armeens dieselfde alfabet gebruik, word sommige letters verskillend uitgespreek vanweë die klankverskuiwing in Wes-Armeens:

  • բ ([b] vs. [pʰ]) en պ ([p] vs. [b])
  • դ ([d] vs. [tʰ]) en տ ([t] vs. [d])
  • գ ([ɡ] vs. [kʰ]) en կ ([k] vs. [ɡ])
  • ջ ([d͡ʒ] vs. [t͡ʃʰ]) en ճ ([t͡ʃ] vs. [d͡ʒ])
  • ձ ([d͡z] vs. [t͡sʰ]) en ծ ([t͡s] vs. [d͡z])

Die aantal en volgorde van die letters het mettertyd verander. Die letters օ [o] en ֆ [f] is in die Middeleeue bygevoeg vir nie-Armeense klanke en die letters het toe van 36 tot 38 vermeerder. Van 1922 tot 1924 het Armeens in die Sowjetunie ’n spelhervorming ondergaan. Die uitspraak van die meeste letters het egter dieselfde gebly. Die hervorming is wyd verwerp (onder andere deur Armeniërs in Libanon en Iran). Hulle het beweer daar is politieke motiewe daaragter.

. . . Armeense alfabet . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Armeense alfabet . . .

Previous post NG gemeente Boksburg-Wes
Next post Sahoere