
Tanganjikameer
Tanganjikameer (Engels: Lake Tanganyika) is ‘n varswatermeer in Oos-Afrika en is 673 km lank, die langste varswatermeer in die wêreld. Dit is gemiddeld 72 km breed. Dit is ook die tweede diepste meer (1 470 meter of 4 820 voet diep) ter wêreld en die grootste meer in die Groot Skeurvallei. Die meer se oppervlak is 773 meter (2 536 voet) bo seevlak, maar die bodem is 669 meter (2 195 voet) onder seevlak.
Die lande wat aan die meer grens is Zambië, Demokratiese Republiek van die Kongo, Tanzanië en Burundi, met Tanzanië (46%) en die DRK (40%) wat die meerderheid van die meer besit. Water vloei uit in die Kongorivierstelsel en uiteindelik in die Atlantiese Oseaan.
. . . Tanganjikameer . . .

Albertmeer (Lake Albert)
Edwardmeer (Lake Edward)
Kivumeer (Lake Kivu)
Kyogameer (Lake Kyoga)
Malawimeer (Lake Malawi)
Mwerumeer (Lake Mweru)
Rukwameer (Lake Rukwa)
Tanganjikameer (Lake Tanganyika)
Turkanameer (Lake Turkana)
Victoriameer (Lake Victoria)
Die enorme diepte en tropiese ligging van die meer kan ‘n omset in watermassa verhinder, wat beteken dat baie van die laer dieptes van die meer sogenaamde “fossielwater” is en anoksies (gebrekkig aan suurstof) voorkom. Die opvanggebied van die meer beslaan 231 000 km². Twee hoofriviere vloei in die meer in, asook talle kleiner riviere en strome (wat se lengtes beperk word deur die steil berge rondom die meer). Daar is een groot uitvloei, die Lukugarivier, wat in die Kongorivier dreineer. Die grootse rivier wat in die meer invloei is die Ruzizirivier, ongeveer 10 000 jaar gelede gevorm, wat die noorde van die meer vanaf die Kivumeer binnevloei. Die Malagarasirivier, wat die tweede grootste rivier in Tanzanië is, vloei uit die oostekant die Tanganjikameer binne. Die Malagarasi is ouer as Tanganjika, en voor die meer gevorm is, het dit waarskynlik direk in die Kongorivier gedreineer.
Die meer het ‘n komplekse geskiedenis van veranderende vloeipatrone, as gevolg van sy hoë hoogte bo seespieël, diep diepte, stadige tempo van hervul en bergagtige ligging in ‘n turbulente vulkaniese gebied wat klimaatsveranderinge ondergaan het. Blykbaar het dit selde in die verlede uitgevloei na die see. Dit is al beskryf as ‘prakties endorgeïes’ vir hierdie rede. Die meer se konneksie met die oseaan is afhanklik van ‘n hoë watervlak sodat water uit die meer kan oorloop deur die Lukunga- na die Kongorivier.
As gevolg van die meer se tropiese ligging het dit ‘n hoë verdampingstempo. Dit hang dus af van ‘n hoë invloei uit die Ruzizi en die Kivu-meer vir die Tanganjikameer om vol genoeg te word om oor te loop. Dit uitvloei is blykbaar nie meer as 12 000 jaar oud nie, as gevolg van lawa wat die uitvloei blokkeer het en die Kivu-kom se vorige uitvloei verplaas het na die Edwardmeer en dan die Nylstelsel, en dus water herlei het na die Tanganjikameer.
Die meer het blykbaar al verskillende invloei- en uitvloeiplekke in die verlede gehad. Die invloei uit die hoërliggende Rukwameer, toegang tot die Malawimeer en ‘n uitlaat na die Nylrivier het vermoedens versterk dat dit op ‘n sekere tydstip in die meer se geskiedenis bestaan het.
. . . Tanganjikameer . . .