Khoisan

Khoisan is ‘n saambindende naam vir twee etniese groepe wat in Suider-Afrika leef, naamlik die Khoikhoi en die San. Hulle deel fisiese en vermeende taalkundige eienskappe apart van die Bantoe-meerderheid van die streek.[5] Kultureel word die Khoisan verdeel in die kossoekende San of Boesman, en die Khoi, of meer spesifiek Khoikhoi, vroeër bekend as “Hottentote”, wat veemak maak. Hulle praat veral Khoisan-tale wat bekend is vir hul klikgeluide, maar intussen is Afrikaans die belangrikste taal van die Khoisan.

Hierdie artikel handel oor die etniese groep in Suider-Afrika. Vir die taalfamilie, sien Khoisan-tale.

Khoisan

Begin vuur met die hand. San-mense in Botswana
Totale bevolking: ca. 400 000[1][2][3]
Belangrike bevolkings  in: Suider-Afrika (Angola, Botswana, Namibië, Suid-Afrika)
Taal: Afrikaans,[4]Khoisan-tale
Geloofsoortuiging: Christene, Tradisionele Afrika-godsdiens
Verwante etniese groepe: Khoikhoi, San, Damaras en Namas

Die San het die inheemse bevolking van Suider-Afrika gevorm, voordat die Bantoevolke uit Sentraal- en Oos-Afrika ná die suide migreer en hul streek bereik het, wat daartoe gelei het dat die Bantoe-bevolking die Khoisan-bevolking verplaas en die oorheersende bevolking van Suider-Afrika geword het. Oor die tyd het sommige Khoi die mak maak van vee opgegee en die jagter-versamelaar-ekonomie van die San aanvaar, waarskynlik as gevolg van ‘n droë klimaat, en word nou as San beskou. Eweneens het die Bantoegroep van die Damaras wat ná die suide migreer het later landbou opgegee en die Khoi se ekonomie aanvaar. Groot Khoisan-bevolkings bly in verskeie droë gebiede in die streek, veral in die Kalahariwoestyn. Die Khoisan is volgens genetiese studies die oudste nog bestaande menslike groep.[6]

. . . Khoisan . . .

  • San-vrou in Botswana.
  • San-man in Namibië.
  • Khoisan besig om sprinkane te braai – akwatint in kleur deur Samuel Daniell in 1804.
  • Korah-Khoikhoi besig om hulle hutte af te breek om na nuwe weivelde te trek – akwatint in kleur deur Samuel Daniell in 1805.
  • Portugese ontmoet met Khoisan – tekening uit die boek “Pioniers in Suid-Afrika”, 1914.
  • Verspreiding van etniese groepe in Angola, 1970 (wynrooi: Khoisan)

. . . Khoisan . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Khoisan . . .

Previous post Hermann von Waltershausen
Next post Donald Trump