Hermann von Waltershausen

Hermann Wolfgang Sartorius Freiherr von Waltershausen (* Göttingen, 12 Oktober 1882 – † München, 14 Junie 1954) was ‘n Duitse komponis, dirigent, pedagoog en skrywer.

Hermann von Waltershausen
Gebore 12 Oktober1882
Göttingen
Sterf 14 Junie 1954 (op 71)
München
Genres Klassiek
Beroep(e) Komponis

. . . Hermann von Waltershausen . . .

Hy was die seun van die ekonoom August Sartorius von Waltershausen (1852–1938) en sy vrou Charlotte Freiin von Kapherr, ‘n afstammeling van die geskiedkundige Georg Friedrich Sartorius. Hy het van 1901 tot 1907 komposisie studeer by Ludwig Thuille in München.[1] Hy het ook van 1905 tot 1915 klavier gestudeer onder August Schmid-Lindner.

Op die ouderdom van nege jaar is Von Waltershausen met Hodgkin se siekte gediagnoseer. Ten einde die verspreiding daarvan te verhoed het dokters sy regterarm en -been geamputeer.[2] Dit het Waltershausen egter nie daarvan weerhou om ‘n musikale loopbaan na te jaag nie – hy het gespesialiseer in linkshandige klavieruitvoerings met Schmid-Lindner, en het met sy linkerhand gedirigeer.

Von Waltershausen se grootste professionele sukses was die opera Oberst Chabert, wat hy aangepas het van die roman deur Honoré de Balzac. Die karakterisering en patos van Waltershausen se libretto was wyd bewonder deur sy tydgenote, dikwels in groter mate as die musiek self. Die komponis en kritikus Edgar Istel het as volg kommentaar gelewer, “Alhoewel Waltershausen homself nog nie bewys het as ‘n musikant van groot belang nie, moet mens sy ontwikkeling as dramaturg met groot belang dophou.”[3] Waltershausen het ook die libretto geskryf vir Hermann Zilcher se komiese opera Doktor Eisenbart.

Baie van von Waltershausen se komposisies is tydens die Tweede Wêreldoorlog vernietig, die volgende lys verteenwoordig werke wat steeds bestaan in gepubliseerde vorm of in manuskripvorm in von Waltershausen se dokumente in die Stadtbibliothek München.[4]

  • Else Klapperzehen, Musikalische Komödie in 2 dele (1907, Dresden 1909)
  • Oberst Chabert, op. 10 Musikale tragedie in 3 dele na die roman Colonel Chabert deur Honoré de Balzac. (1910, Frankfurt 1912). Opname: Bo Skovhus, Raymond Very, Manuela Uhl, Simon Pauly, Orchester der Deutschen Oper Berlin, Jacques Lacombe CPO 2010
  • Richardis, Romantische Oper in 3 dele (1914, Karlsruhe 1915)
  • Die Rauhensteiner Hochzeit, Opera in 3 dele (1918, Karlsruhe 1919)
  • Die Gräfin von Tolosa, Opera in 2 Dele (gekomponeer 1932–36, radiokonsert Bayerischer Rundfunk München 1958)

. . . Hermann von Waltershausen . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Hermann von Waltershausen . . .

Previous post Reëlaar
Next post Khoisan