Hamid Karzai

Hamid Karzai (Pasjtoe: حامد کرزی‎, Dari: حامد کرزی; gebore op 24 Desember1957 in Kandahar, Afghanistan) is die eerste demokraties verkose President van Afghanistan (vanaf 22 Desember2001 tot 29 September2014). Hamid Karzai was sedert Desember 2001 die Voorsitter van die Oorgangsadministrasie en die interim president vanaf Junie 2002. Hy is in 2014 opgevolg deur Ashraf Ghani.

Hamid Karzai
حامد کرزی

President van Afghanistan
Ampstermyn
22 Desember2001  29 September2014
Vise Karim Khalili
Mohammed Fahim
Yunus Qanuni
Voorafgegaan deur Burhanuddin Rabbani
Opgevolg deur Ashraf Ghani

Persoonlike besonderhede
Gebore 24 Desember 1957 (1957-12-24) (63 jaar oud)
Kandahar, Afghanistan
Politieke party Onafhanklik
Eggenoot/-note Zeenat Quraishi (2009-hede)
Kind(ers) 3
Alma mater Himachal Pradesh Universiteit
Religie Soenni-Islam

. . . Hamid Karzai . . .

Karzai is gebore in Khandahar as ‘n etniese Pastoen en lid van die invloedryke Popalzay-stam (waarvan verskeie Afghaanse Konings gekom het). Sy familie was ondersteuners van Koning Zahir Shah. Gevolglik was hy van vroeg in sy lewe betrokke by Afghanistan se politiek.

Hy volg ‘n nagraadse kursus in staatsleer aan die Himachal universiteit in Shimla, Himachal Pradesh, Indië van 1979 to 1983, waarna hy terugkeer as ‘n fondsinsamelaar ter ondersteuning van die anti-Sowjet opstand in Afghanistan gedurende die res van die 1980’s. Nadat die Sowjetmagte uit Afghanistan verdryf is, het hy as ‘n minister in die regering van Burhanuddin Rabbani gedien.

Hy is getroud met Zinat Karzai, ‘n opgeleide verloskundige. Hulle is getroud in 1998 en het geen kinders nie. Karzai beskik oor taalvermoëns in Pasjtoe, Dari, Oerdoe, Persies, Engels en Frans.

Nadat die Taliban op die politieke toneel in die 1990’s verskyn het, was Karzai aanvanklik ‘n ondersteuner. Later het hy van hulle weggebreek, volgens hom oor sy wantroue oor hul noue bande met Pakistan. Nadat die Taliban vir Rabbani in 1996 omvergewerp het, het Karzai geweier om as Afghanistan se VN-ambassadeur te dien. In 1997, het Karzai by verskeie van sy familielede in die Verenigde State aangesluit. In die Verenigde State het hy hom beywer ten gunste van die herinstelling van die monargie in Afghanistan. Sy vader is op 14 Julie 1999 gedood in ‘n sluipmoordaanval, vermoedelik uitgevoer deur Talibanagente. Karzai het wraak gesweer teen die Taliban en aktief daarna gewerk om die beweging omver te werp.

In 2001, na die terroriste aanval in die VSA op 11 September, het Karzai saam met die Mujahiddin lojaal aan die Afghanistanse Noordelike Alliansie, die VSA gesteun in sy pogings om die Taliban in Afghanistan omver te werp. Hy het ook internasionale steun vir ‘n alternatiewe regering begin werf. In Desember 2001, het uitgeweke politieke leiers van Afghanistan – verskeie met geen ondersteuning binne Afghanistan – byeengekom in Bonn, Duitsland ten einde te besluit oor nuwe leierskapstrukture. Ingevolge die Bonn Ooreenkoms van 5 Desember het hulle ‘n interim Oorgangsadministrasie gevorm en Karzai as Voorsitter van ‘n 29-lid regerende komitee aangestel. Hy word ingesweer as leier op 22 Desember 2001. Die Loya Jirga van 19 Junie 2002 stel Karzai aan as die interim president van die Afghanistan Oorgangsadministrasie. Hedayat Amin Arsala is as een van sy visepresidente aangestel.

Aanvanklik was Karzai se gesag en populêre steun buite die hoofstad, Kaboel, volgens sommige waarnemers so gering dat gereeld na hom verwys is as die “Burgemeester van Kaboel”.

. . . Hamid Karzai . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Hamid Karzai . . .

Previous post Babiana brachystachys
Next post Tanganjikameer