FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934

Die 2de FIFASokker-Wêreldbekertoernooi (Italiaans: Campionato Mondiale di Calcio – Italia ’34; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 27 Mei tot 10 Junie 1934 in Italië aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Europa en Italië aangebied is. Die Koninkryk Italië onder Benito Mussolini se fascistiese bewind het dié toernooi as ‘n geleentheid misbruik om sy ideologie en propaganda vir sy beleid oor die hele wêreld uit te saai. Verder is die gasheer se regering van inmenging en korrupsie beskuldig.

FIFA Sokker-Wêreldbeker
Campionato Mondiale di Calcio – Italia ’34
Toernooi-inligting
Gasheerland  Italië
Datums 27 Mei – 10 Junie
Spanne 16 (van 4 konfederasies)
Stadions 8 (in 8 stede)
Finale uitslag
Kampioene  Italië (1 titel)
Tweede plek  Tsjeggo-Slowakye
Derde plek  Nazi-Duitsland
Vierde plek  Oostenryk
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 17
Doele 70 (4.12 per wedstryd)
Bywoning 358 000 (21 059 per wedstryd)
Meeste punte Oldřich Nejedlý (5 doele)
Beste speler Giuseppe Meazza
1930
1938

16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 deelgeneem. Tydens dié toernooi is geen groepfase beslis nie en dit het met die agtste eindrondte begin. Een vermeende sterk span het teen een swakker span elk gespeel. Italië wen die trofee nadat hulle Tsjeggo-Slowakye met 2–1 in die eindstryd klop en sodoende hulle eerste wêreldbeker inpalm. Nazi-Duitsland eindig in die derde en Oostenryk in die vierde plek.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omrede hulle nie ‘n lid van FIFA was nie. Die verdedigende kampioen en vorige gasheer Uruguay het uit protes vir die min Europese deelname tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930 nie aan hierdie toernooi deelgeneem nie, dus was dit die enigste Sokker-Wêreldbekertoernooi waaraan ‘n verdedigende kampioen nie deelgeneem het nie.

. . . FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 . . .

Italië is op 14 Mei 1932 in Stockholm deur FIFA gekies as die gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934. Die enigste ander kandidaat was Swede, maar het voor die stemming hulself onttrek.[1]

Dit was die eerste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi waarvoor deelnemende spanne ‘n kwalifikasie beslis het. Van die 16 plekke is twaalf vir Europese nasionale sokkerspanne gereserveer, drie vir die Amerikas en een vir Asië. 36 nasies het aansoek gedoen om aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 deel te neem en tydens die kwalifikasieproses is die getal deelnemende nasies tot 16 verminder. Dit was die enigste keer dat self die gasheer aan die kwalifikasie moes deelneem en nie outomaties vir die toernooi gekwalifiseer het nie. Die kwalifikasierondte is volgens geografiese liggings gerangskik. Chili en Peru het van die kwalifikasie hulleself onttrek, waarvolgens Argentinië en Brasilië sonder enige wedstryd gekwalifiseer het. Die Britse tuislande Engeland en Skotland het FIFA se aansoek vir deelname verwerp en die toernooi as minder belangrik as hul eie kampioenskappe beskou.[2]

Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[3]

Uitslag van die kwalifikasie:

 Geen deelname

 Land het homself onttrek of is nie deur FIFA aanvaar nie

 Land het nie gekwalifiseer nie

 Land kwalifiseer vir Wêreldbeker

Span Verskynings by eindstryde Agtereenvolgende deelnames Laaste verskyning Vorige beste prestasie
 Argentinië 2de 2 1930 Naaswenner (1930)
 België 2de 2 1930 Groepfase (1930)
 Brasilië 2de 2 1930 Groepfase (1930)
 Egipte 1ste 1 Debuut
 Frankryk 2de 2 1930 Groepfase (1930)
 Hongarye 1ste 1 Debuut
 Italië 1ste 1 Debuut
 Nazi-Duitsland 1ste 1 Debuut
 Nederland 1ste 1 Debuut
 Oostenryk 1ste 1 Debuut
 Roemenië 2de 2 1930 Groepfase (1930)
 Spanje 1ste 1 Debuut
 Swede 1ste 1 Debuut
 Switserland 1ste 1 Debuut
 Tsjeggo-Slowakye 1ste 1 Debuut
 Verenigde State 2de 2 1930 Derde plek (1930)

. . . FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 . . .

Previous post Wiseman-hipotese
Next post James McBride