Cristina Fernández de Kirchner

Cristina Elisabet Fernández de Kirchner ([kɾisˈtina eˈlisaβet ferˈnandes ðe ˈkiɾʃneɾ], * 19 Februarie1953 in La Plata), algemeen bekend as Cristina Kirchner of kortweg CFK, het tussen 10 Desember 2007 en 10 Desember 2015 as president van Argentinië gedien. Sedert 10 Desember 2019 dien Kirchner as Adjunkpresident van Argentinië onder die staatshoof Alberto Fernández.

Cristina Fernández de Kirchner

Cristina Fernández de Kirchner in 2010

Adjunkpresident van Argentinië
Ampsbekleër
Termynaanvang
10 Desember2019
President Alberto Fernández
Voorafgegaan deur Gabriela Michetti

President van Argentinië
Ampstermyn
10 Desember2007  10 Desember2015
Vise Julio Cobros (2007–2011)
Amado Boudou (2011–2015)
Voorafgegaan deur Néstor Kirchner
Opgevolg deur Mauricio Macri

Nasionale Senator vir die provinsie Buenos Aires
Ampstermyn
10 Desember2005  28 November2007

Nasionale Senator vir Santa Cruz
Ampstermyn
10 Desember2001  9 Desember2005

Nasionale Afgevaardigde vir Santa Cruz
Ampstermyn
10 Desember1997  9 Desember2001

Nasionale Senator vir Santa Cruz
Ampstermyn
10 Desember1995  3 Desember1997

Persoonlike besonderhede
Gebore 19 Februarie 1953 (1953-02-19) (68 jaar oud)
La Plata, Argentinië
Politieke party Frente Para la Victoria/Partido Justicialista (Peroniste)
Eggenoot/-note Néstor Kirchner (†, 1975–2010)
Kind(ers) Máximo (* 1977)
Florencia (* 1990)
Alma mater Nasionale Universiteit van La Plata
Religie Rooms-Katoliek
Handtekening

Cristina Kirchner, ‘n boorling van La Plata in die provinsie Buenos Aires, is die weduwee van die vroeëre president Néstor Kirchner. Sy is die sewende Peronis en die eerste vrou wat as Argentynse staatshoof verkies is, asook die tweede vrou ná Isabel Martínez de Perón (1974–1976) wat hierdie amp beklee het. Kirchner is op 28 Oktober 2007 vir haar eerste ampstermyn verkies en vier jaar later vir ‘n tweede termyn herverkies. Tydens haar politieke loopbaan is sy as afgevaardigde in die Argentynse parlement (een termyn) en as nasionale senator (drie ampstermyne vir die provinsies Santa Cruz en Buenos Aires) verkies.

Binne die breë spektrum van politieke strominge in die Peronistiese Party (Partido Justicialista) word Cristina Fernández de Kirchner, net soos haar wyle man, by die nuwe linkses gereken.[1] Argentynse politiek is, veral tydens Kirchner se tweede ampstermyn, deur toenemende polarisering en magskonsentrasie in hande van die president en haar seun Máximo (wat geen politieke amp beklee nie, maar as invloedryke raadgewer optree) gekenmerk.[2][3]

. . . Cristina Fernández de Kirchner . . .

Cristina Fernández is op 19 Februarie1953 in Tolosa, ‘n westelike voorstad van La Plata, die hoofstad van die provinsie Buenos Aires, as dogter van Eduardo Fernández (van Spaanse afkoms) en Ofelia Esther Wilhelm (van Wolga-Duitse afkoms) gebore. Ná voltooiing van haar laerskoolopleiding het sy twee jaar by die voormalige handelskool San Martín (tans Middelskool 31) en drie jaar by die Rooms-Katolieke meisiesskool Colegio Nuestra Señora de la Misericordia in La Plata skoolgegaan.

In die 1970’s het sy aan die Universiteit van La Plata in regswetenskappe studeer. Hier het sy kennis gemaak met Néstor Kirchner, een van haar medestudente. Die paar het op 9 Maart1975 getrou, en uit die huwelik is twee kinders gebore, Máximo (* 1977) en Florencia (* 1990). Die Kirchners was tydens die militêre bewind of Proceso tussen 1976 en 1983 as suksesvolle advokate in Río Gallegos, ‘n stad in die uiterste suide van Argentinië, werksaam en het hul politieke loopbaan ná die demokratisering in 1983 begin.

Op 8 Oktober 2013 is Cristina Kirchner ná ‘n ongeluk vir breinbloeding geopereer.[4]

Kirchner in haar jeugjare
Cristina Fernández de Kirchner en haar eggenoot Néstor Kirchner

In haar studentejare het Cristina en Néstor Kirchner met die Peronistiese Jeugbeweging gesimpatiseer, maar was self nie polities aktief nie. Toe die verkose president Isabel Peron ná die militêre staatsgreep van 1976 gedeporteer is, het die Kirchners La Plata verlaat en hulle in Río Gallegos, Patagonië gevestig om daar as advokate te werk. Nadat haar eggenoot Néstor in 1987 tot burgemeester van Río Gallegos verkies is, het ook Cristina in die laat 1980’s tot die politiek toegetree. Sy is in 1989 as afgevaardigde tot die provinsiale parlement van Santa Cruz verkies en het haar setel ook in die volgende verkiesing vier jaar later behou.

In 1995 is Cristina Kirchner as afgevaardigde van Santa Cruz tot die Argentynse Senaat verkies. Twee jaar later het sy setel in die Argentynse parlement, die Kamer van Afgevaardigdes, gewen, maar het in 2001 tot die Senaat teruggekeer. Cristina het haar man tydens sy suksesvolle presidensiële verkiesingsveldtog van 2003 ondersteun, alhoewel sy nooit saam met hom aan openbare politieke vergaderings deelgeneem het nie. In die eerste rondte van die verkiesing op 27 April 2003 het die vroeëre president Carlos Saúl Menem met 25 persent die hoogste persentasie van die uitgebragte stemme op hom verenig, maar het nogtans nie die nodige algehele meerderheid behaal nie.

Die tweede en finale rondte van die verkiesing, met Menem en Kirchner as enigste kandidate, is vir 18 Mei geskeduleer. Menem het egter besef dat hy ‘n verpletterende neerlaag sou ly en hom as kandidaat onttrek. Sodoende is Kirchner outomaties met 22 persent van die uitgebragte stemme as Argentinië se nuwe president verkies – die laagste persentasie ooit in die geskiedenis van die land.

Gedurende haar man se ampstermyn het Cristina Kirchner as Argentinië se Eerste Dame gedien, ‘n rol wat sy as rondreisende ambassadeur vir sy regering vervul het. Kirchner se strydende toespraakstyl het Argentynse politiek gepolariseer en sy word dikwels met Eva Perón vergelyk. Alhoewel sy die vergelyking meermale verwerp het, het sy later in onderhoud gesê dat sy met “die Evita met die hare in ‘n bolla en die gebalde vuis voor ‘n mikrofoon” identifiseer (die tipiese beeld van Eva Perón tydens toesprake), eerder as die “wonderbaarlike Eva” van haar ma se tyd, wat gekom het “om werk en die reg om te stem aan vroue te bring”.[5]

In die algemene verkiesing, wat in Oktober 2005 gehou is, was Cristina Kirchner haar party se hoofkandidaat vir die senatorsetel in die provinsie Buenos Aires. Ná ‘n vurige verkiesingsveldtog teen Hilda González de Duhalde, die vrou van die vroeëre president Eduardo Duhalde, het sy dié setel met 45,77 persent van die uitgebragte stemme verower, teenoor González de Duhalde se 20,43 persent.

. . . Cristina Fernández de Kirchner . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Cristina Fernández de Kirchner . . .

Previous post Tanganjikameer
Next post Wiseman-hipotese