
Boeliery
_in_March_5,_2007.jpg/800px-Bullying_on_Instituto_Regional_Federico_Errázuriz_(IRFE)_in_March_5,_2007.jpg)
ʼn Boeliery is skade wat iemand anders doelbewus aangedoen word deur ‘n boelie, of bullebak. Dit kan gebeur deur die ander persoon te dreig of seer te maak.[1] Boelies, veral op skool, teiken meestal kinders wat blyk om weerloos te wees of wat sensitief is vir persoonlike aanvalle.[2] Die invloed van boeliery kan fisiek sowel as sielkundig wees, waarvan laasgenoemde meestal langdurig kan wees.[3]

. . . Boeliery . . .
Hierdie vorm van boeliery is onder meer: stamp, wurg, slaan, of om ʼn slagoffer te dreig met fisiese aanranding.[1] Wanneer ‘n persoon geslaan of geskop word, het dit nie net ‘n negatiewe invloed op die slagoffer nie, maar ook op die getuies.[4]
Hierdie vorm van boeliery is onder meer: om skinderstories te versprei, af te pers, of om valse berigte oor ʼn persoon te versprei.[1] Emosionele boeliery is ingewikkeld om te verstaan en die moeilikste vorm van boelie om te identifiseer. Hierdie gedrag vernietig emosies soos tevredenheid, vertroue en waardigheid om plek te maak vir angs, vrees en onsekerheid.[5]
Hierdie vorm van boeliery is onder meer: om iemand te vloek, te verkleineer, rassistiese aanmerkings te maak, of om afbrekende boodskappe via ‘n selfoon of e-pos te stuur.[1] Die uitwerking van verbale boeliery is soms baie subtiel. Oor lang tydperke breek dit ‘n persoon se selfbeeld en selfvertroue af. Slagoffers glo nie meer in hulle eie vermoëns nie en is traag om uitdagings aan te pak.[6]
. . . Boeliery . . .