
AB de Villiers
Abraham Benjamin (AB) de Villiers (17 Februarie1984 in Pretoria) is ‘n voormalige Suid-Afrikaansekrieketspeler en -kaptein van die Eendag- en T20-span van die Proteas. Hy het onder meer tydens die Krieketwêreldbeker 2007, Krieketwêreldbeker 2011 en Krieketwêreldbeker 2015 vir Suid-Afrika gespeel. Op 23 Mei 2018 het AB de Villiers sy uittreding uit internasionale krieket aangekondig.[1] In Januarie 2020 het De Villiers egter sy belangstelling uitgespreek om vir die T20I-wêreldbeker 2020 terug te kom,[2] maar later dié jaar is bevestig dat hy dit nie sou doen nie.[3] Op 19 November 2021 het De Villiers sy uittrede uit alle vorme van krieket aangekondig.[4]
. . . AB de Villiers . . .

De Villiers het aan die Afrikaanse Hoër Seunskool (ook bekend as Affies) gematrikuleer, ‘n openbare skool in Pretoria. Hy het skoolgegaan saam met Jacques Rudolph, Heino Kuhn en Faf du Plessis, mede-Titans en Suid-Afrikaanse internasionale krieketspelers. Op skool het hy ‘n gesogte nasionale medalje van wyle president Nelson Mandela vir ‘n wetenskapprojek ontvang.
Hy is ‘n talentvolle sportman en het uitgeblink in gholf, rugby, pluimbal, krieket en tennis. Op skool was hy deel van die o/14-krieketspan. Hy speel gholf met ‘n nulvoorgee, wat beteken dat sy gemiddelde telling vir ‘n rondte gholf baansyfer of beter is. Rugby was die gewildste sport by sy skool, en hy het ook daaraan deelgeneem. Hy is begaafde sportman met ‘n natuurlike talent vir enige sport. Hy het ‘n voorliefde vir hokkie, en was in die o/16-span van die skool. Hy was op die kortlys vir Suid-Afrika se junior nasionale hokkiespan.
Hy het teruggekeer na rugby nadat hy opgehou het om hokkie te speel. Hy was gou deel van die skool se prestige rugbyspan, die 1ste XV van Affies. Hy het buitengewoon goed presteer en is gekies vir die Blou Bulle se o/18-span, wat later ‘n paar groot name in Suid-Afrikaanse rugby opgelewer het.
Hy was lid van Suid-Afrika se junior Davisbeker-tennisspan, en ingedeel in die top twee in sy ouderdomsafdeling vir tennis in Suid-Afrika. Hy was ook Suid-Afrika se nasionale o/19-pluimbalkampioen. Verder hou ook ses Suid-Afrikaanse skoolswemrekords, asook die rekord in die 100 m hekkies in Suid-Afrika se junior atletiek.
AB de Villiers se toetskrieket-loopbaan begin op 20-jarige ouderdom op 16 Desember 2004 vir die Proteas teen Engeland op St. Georgespark in Port Elizabeth. Hy het ‘n goeie openingsbeurt gespeel, maar word afgeskuif op die kolforde vir die tweede toets en kry ook die taak as paaltjiewagter by. Gedurende hierdie wedstryd behaal hy ‘n gelukkige vyftigtal wat die wedstryd red vir Suid-Afrika.
Op 18 Januarie 2015 speel AB de Villiers ‘n verpletterende kolfbeurt teen Wes-Indië, en teken die vinnigste honderdtal in eendaagse geskiedenis aan. Hy verbeter Corey Anderson van Nieu-Seeland se rekord en bereik 100 lopies van net 31 balle. Ten laaste teken hy 149 lopies aan van net 44 aflewerings teen die Wes-Indiese Eilande, voor hy uitgevang word.[5][6]
. . . AB de Villiers . . .