Seksuele stimulasie

Seksuele stimulasie of seksuele prikkeling is enige prikkeling (insluitende liggaamlike kontak) wat lei tot seksuele opwekking, of dit verhoog en handhaaf, en tot ’n orgasme kan lei. Hoewel seksuele opwekking kan plaasvind sonder fisieke stimulasie, verg ’n orgasme gewoonlik seksuele srimulasie.

Die term dui dikwels op die stimulasie van die geslagsdele, maar kan ook ander metodes insluit, soos sintuiglike prikkeling (sig of gehoor) en geestelike prikkeling (deur te lees of fantaseer). Voldoende stimilasie van die man se penis of die vrou se klitoris het gewoonlik ’n orgasme tot gevolg.[1][2][3][4]

Stimulasie kan self toegepas word (byvoorbeeld tydens masturbasie), deur ’n maat (tydens seks), deur die gebruik van ’n voorwerp of deur ’n kombinasie van bogenoemde metodes.[5] Sommige mense stel ’n orgasme uit (Engels: edging) deur die vlak van stimulasie te beheer om die seksuele plesier te verleng.

. . . Seksuele stimulasie . . .

Die erogene sones van die liggaam.

Fisieke seksuele stimulasie bestaan gewoonlik uit die aanraking van die geslagsdele of ander erogene (seksueel sensitiewe) sones. Masturbasie, erotiese masserings en seks is soorte seksuele stimulasie wat die geslagsdele betref. Seksuele opwekking word gewoonlik meegebring deur sensitiewe senuwees in hierdie liggaamsdele;[6] hulle skei chemiese stowwe af wat plesier verskaf (endorfiene) en deur die brein as vergoeding vir stimulasie ervaar word. Iemand kan ook seksueel opgewek raak deur ’n maat se geslagsdele of ander dele van die liggaam aan te raak.

Die doel van seksspeelgoed is om op ander maniere plesier te verskaf. Iemand kan dit alleen of saam met ’n ander persoon gebruik. Hulle kan nuwe soorte stimulasie verskaf wat die liggaam nie kan doen nie, soos vibrasies. Seksspeelgoed word al duisende jare as bron van seksuele stimulasie gebruik. Daar is sedert die Ou Steentydperk al dildo’s,[7] wat van sliksteen gemaak en blink gepoleer is. Dildo’s is ook van kameelmis gemaak en met hars bedek.[8] Historici is onseker of hierdie voorwerpe vir godsdienstige rituele of persoonlike plesier gebruik is. Dit is wel bekend dat dildo’s vir vrugbaarheidsrituele gebruik is.[9] Die antieke Grieke het dildo’s van ’n gekerfde penis gemaak en met leer of diere se derms oorgetrek om dit natuurliker te laat voel.[9] Die Romeine het dildo’s met twee punte gemaak vir gebruik saam met ’n seksmaat. Antieke Chinese dildo’s is van brons en ander metale gemaak en sommige was hol vir die gebruik van vloeistof om ejakulasie na te maak.[10] Hulle is dikwels deur ryk Chinese mans gebruik wat te veel vroue gehad het om te bevredig.

In Persië is geglo die bloed van ’n vrou se maagdevlies is onrein en moet deur mans vermy word. Die aand voor ’n bruid se troue sou ’n plaaslike geestelike haar maagdevlies met ’n groot klipdildo skeur – ’n ritueel waarmee die maagdelikheid van die bruid ook getoets is.[11]

. . . Seksuele stimulasie . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Seksuele stimulasie . . .

Previous post Pravin Gordhan
Next post Mabalingwe-natuurreservaat