Robert Browning

Robert Browning (7 Mei181212 Desember1889) was ‘n Engelse digter en toneelskrywer wie se meesterskap van versdrama, veral dramatiese monoloë, hom een van die voorste Victoriaanse digters gemaak het.[1] Werke soos The Ring and the Book en Home Thoughts from Abroad het uit sy pen verskyn. Hy was met die digter Elizabeth Barrett Browning getroud.[2]

Robert Browning

Robert Browning om en by 1888
Gebore 7 Mei1812

Camberwell, Londen, Engeland
Sterf 12 Desember 1899 (op 87)

Nasionaliteit  Verenigde Koninkryk
Beroep Digter
Bekend vir The Ring and the Book, Men and Women, The Pied Piper of Hamelin, Porphyria’s Lover, My Last Duchess
Eggenoot Elizabeth Barrett Browning
Ouer(s) Sarah Anna (née Wiedemann)
Robert Browning
Handtekening

. . . Robert Browning . . .

1882 spotprent uit Punch Magazine wat lees: “The Ring and Bookmaker from Red Cotton Nightcap country”

Waarskynlik vroeg in 1853, in Florence, het Browning begin werk aan die gedigte wat in 1855 die twee bundels van Men and Women sou uitmaak, waarvoor hy goed bekend sou word,[3] maar wat tydens publikasie betreklik min impak gehad het.

Toe sy vrou Elizabeth in 1861 te sterwe kom, het Robert die volgende jaar na Londen teruggekeer met sy seun Pen, wat toe reeds 12 jaar oud was, en ingetrek by 17 Warwick Crescent, Maida Vale. Dit was eers toe hy na Engeland teruggekeer het, en deel van die Londense literêre gemeenskap geword het — en ten spyte van gereelde besoeke aan Italië (maar nooit weer aan Florence nie) — dat sy reputasie begin opbloei het.[3]

In 1868, na vyf jaar se werk, het hy die lang blankversgedig, The Ring and the Book, voltooi en gepubliseer. Dit is gebaseer op ‘n verwikkelde moordsaak in Rome van die 1690’s, en is in twaalf boekdele onderverdeel, effektief tien omvangryke dramatiese monoloë wat voorgedra word deur die verskillende karakters in die storie, wat hulle indiwiduele perspektiewe op gebeure uitwys, afgerond deur ‘n inleiding en gevolgtrekking deur Browning self. Met meer as twintig duisend lyne is The Ring and the Book baie lank, selfs gemeet teen Browning se eie standaarde, en sou dit die digter se mees ambisieuse en wellig sy grootste werk wees; dit is al gehuldig as ‘n tour de force in versdrama.[4] Die gedig wat in vier bundels verskyn het, elk met sy eie publikasiedatum van November 1868 tot Februarie 1869, was ‘n kommersiële en kritiese sukses, en het eindelik aan Browning die roem besorg wat hom vir bykans veertig jaar ontglip het.[4] Die Robert Browning Society is in 1881 gestig en sy werk is erken as na regte behorend tot die Britse literêre kanon.[4]

. . . Robert Browning . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Robert Browning . . .

Previous post Brexit
Next post Honduras