Psoriatiese artritis

Psoriatiese artritis is ‘n langtermyn inflammatoriese artritis wat by mense wat dikwels ook die outo-immuun siekte psoriase[Nota 1] het voorkom.[1][2]

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as ‘n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na ‘n dokter verwys te word.
Erge psoriatiese artritis van beide voete en enkels. Let op die veranderinge aan die naels.

. . . Psoriatiese artritis . . .

Die klassieke kenmerk van psoriatiese artritis is swelling van die hele vingers en tone met ‘n worsagtige voorkoms.[3] Dit gebeur dikwels in verband met veranderinge aan die naels soos klein gaatjies in die oppervlak van die naels, verdikking van die naels en die nael wat van die naelbed ontkoppel.[3] Gewoonlik word velveranderinge wat ooreenstem met psoriase (bv. rooi, skubberige en jeukerige vel) gevind voor die aanvang van psoriatiese artritis, maar psoriatiese artritis kan die uitslag voorafgaan by 15% van geaffekteerde individue.[3] Geaffekteerde gewrigte is oor die algemeen rooi of warm om aan te raak.[4]

Pyn kan in die laerug area van die heiligbeen voorkom as gevolg van onder meer spondilitis,[Nota 2] wat in 40% van die gevalle teenwoordig is. Pyn kan in en om die voete en enkels voorkom, veral entesitis[Nota 3] in die Achillespees of plantar fasciitis in die voetsool.[4]

. . . Psoriatiese artritis . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Psoriatiese artritis . . .

Previous post Astroloba tenax
Next post Brexit