Pravin Gordhan

Pravin Jamnadas Gordhan (gebore 12 April1949 in Durban) is ‘n Suid-Afrikaanse politikus en was minister van finansies (vir ‘n tweede keer) tot 30 Maart2017. Van Mei 2014 tot 13 Desember 2015 was hy minister van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede en daarvoor ook minister van finansies. Einde Februarie 2018 is hy deur president Cyril Ramaphosa as Minister van Openbare Ondernemings benoem.

Pravin Jamnadas Gordhan

Pravin Gordhan in 2015

Minister van Openbare Ondernemings
Ampsbekleër
Termynaanvang
28 Februarie2018
President Cyril Ramaphosa
Voorafgegaan deur Lynne Brown

Minister van Finansies
Ampstermyn
14 Desember2015  31 Maart2017
Vise Mcebisi Jonas
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur David van Rooyen
Opgevolg deur Malusi Gigaba
Ampstermyn
11 Mei2009  25 Mei2014
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Trevor Manuel
Opgevolg deur Nhlanhla Nene

Minister van Samewerkende regering en Tradisionele aangeleenthede
Ampstermyn
25 Mei2014  14 Desember2014
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Lechesa Tsenoli
Opgevolg deur David van Rooyen

Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens
Ampstermyn
1999  2009

Persoonlike besonderhede
Gebore 12 April 1949 (1949-04-12) (72 jaar oud)
Durban, Suid-Afrika
Politieke party Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party(tot 2009)
African National Congress(sedert 2009)
Alma mater Universiteit van Durban-Westville

. . . Pravin Gordhan . . .

Pravin Gordhan tydens die Wêreld Ekonomiese Forum se Jaarvergadering in 2012

Ná skool studeer Gordhan in aptekerswese aan die Universiteit van Durban-Westville en verwerf die graad Baccalaureus Pharmaciae. Hy werk daarna vanaf 1974 tot 1981 as ‘n apteker by die King Edward V-hospitaal in Durban.

Gedurende hierdie tyd raak hy betrokke by politiek; hy was vanaf 1974 Lid van die Raad van die Natal Indiese Kongres en vanaf 1977 ‘n lid van die African National Congress (ANC). In 1980 word hy voorsitter en sekretaris van die Behuisingsaksiekomitee van Durban tot en met 1984.

Gordhan was aktief in talle organisasies en instellings, ten tye van onderhandelinge om ‘n einde aan apartheid in Suid-Afrika te maak. Hy was onder andere van 1991–1994 voorsitter van die Konvensie vir ‘n Demokratiese Suid-Afrika (Kodesa) en in 1993 mede-voorsitter van die veelparty-konferensie in Johannesburg ter beëindig van apartheid. Hy word in 1993 mede-voorsitter van die Uitvoerende Oorgangsraad om die oordrag van staatsmag te organiseer en te monitor.

In die eerste vrye verkiesing in 1994 word hy verkies tot ‘n ANC-lid van die Nasionale Vergadering tot en met 1998. Gedurende 1995–1997 was hy ‘n lid van die Raad van die Universiteit van Durban-Westville. Hy was ook in 1996–1998 voorsitter van die Grondwetlike Komitee van die Nasionale Vergadering.

Ná sy uittrede as parlementslid in 1998, word hy eers adjunkdirekteur (adjunkkommissaris), en in 1999 hoof (Kommissaris) van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID). Hierdie pos het hy tien jaar lank beklee tot in 2009, en was gedurende 2000 en 2006 voorsitter van die Wêrelddoeaneorganisasie (WCO).

Vir sy pogings is reeds drie eredoktorsgrade aan hom toegeken: in 2007 deur die Universiteit van Suid-Afrika in die vak handel, en in regte, deur die Universiteit van Kaapstad. Die Sentrale Universiteit van Tegnologie ken aan hom ‘n ere-DTech-graad toe in 2009.

. . . Pravin Gordhan . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Pravin Gordhan . . .

Previous post NG gemeente Smithfield
Next post Seksuele stimulasie