Penélope Cruz

Penélope Cruz Sánchez (gebore op 28 April1974)[1] is ’n Spaanseaktrise en model. Sy was die eerste Spaanse aktrise wat ’n Oscar of ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry het.[2][3]

Penélope Cruz
Cruz in 2012 by die Toronto-rolprentfees.

Geboortenaam Penélope Cruz Sánchez
Geboorte 28 April 1974 (1974-04-28) (47 jaar oud)
Aktiewe jare 1989-tans
Internet-rolprentdatabasis-profiel

. . . Penélope Cruz . . .

Sy het in 1991 op 15 jaar ’n agent gekry en op 16 haar akteursdebuut op televisie gemaak. Die volgende jaar het sy haar rolprentdebuut gemaak in Jamón, jamón, wat groot lof gekry het. Nog rolle in die 1990’s en 2000’s was in onder meer Open Your Eyes (1997), The Girl of Your Dreams (2000) en Woman on Top (2000). Sy het veral lof gekry vir haar hoofrolle in die 2001-prente Vanilla Sky, All the Pretty Horses, Captain Corelli’s Mandolin en Blow.

Sy het sedertdien in prente van verskeie genres opgetree, onder meer die komedie Waking Up in Reno (2002), die riller Gothika (2003), die Kersprent Noel (2004) en die aksie-avontuur Sahara (2005). Sy word hoog aangeskryf vir haar rolle in Volver (2006) en Nine (2009); sy het vir elkeen ’n Golden Globe– en Oscar-benoeming gekry. Sy het in 2008 die Oscar vir beste vroulike byspeler gewen vir die rol van María Elena in Vicky Cristina Barcelona.

Cruz het vir Mango, Ralph Lauren en L’Oréal modelwerk gedoen. Sy en haar jonger suster Mónica Cruz het ook klere vir Mango ontwerp.

  • 1992: Belle Epoque
  • 1992: Jamón, Jamón
  • 1993: Per amore, solo per amore
  • 1993: The Rebel
  • 1994: Alegre ma non troppo
  • 1994: Todo es mentira
  • 1995: Entre rojas
  • 1996: Love Can Seriously Damage Your Health
  • 1996: La Celestina
  • 1996: Brujas
  • 1997: Open Your Eyes
  • 1998: Don Juan
  • 1998: Twice Upon a Yesterday
  • 1998: The Girl of Your Dreams
  • 1999: Volavérunt
  • 2000: All the Pretty Horses
  • 2000: Woman on Top
  • 2001: Vanilla Sky
  • 2001: Blow
  • 2001: Captain Corelli’s Mandolin
  • 2001: No News from God
  • 2001: Spaghetti Requiem
  • 2003: Fanfan
  • 2003: Gothika
  • 2003: Faz-me Face
  • 2004: Don’t Move
  • 2004: Head in the Clouds
  • 2004: Noel
  • 2005: Sahara
  • 2005: Chromophobia
  • 2006: Volver
  • 2006: Bandidas
  • 2007: The Good Night
  • 2008: Vicky Cristina Barcelona
  • 2008: A Matador’s Mistress
  • 2008: Elegy
  • 2009: G-Force
  • 2009: Nine
  • 2009: Broken Embraces
  • 2011: Der Weg des Ruhms
  • 2012: Twice Born
  • 2012: To Rome With Love
  • 2013: The Counselor
  • 2015: Ma ma
  • 2016: Zoolander 2
  • 2016: The Queen of Spain
  • 2016: Yo soy uno entre cien mil
  • 2017: Murder on the Orient Express
  • 2017: Loving Pablo
  • 2018: Everybody Knows
  • 2019: Wasp Network
  • 2021: Official Competition
  • 2021: Madres paralelas
  • 2021: The 355
  • Homeless to Billionaire
  • On the Fringe
  • L’immensita
  • L’immensita
  • Layover
  • Love Child

. . . Penélope Cruz . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Penélope Cruz . . .

Previous post Barcelona
Next post Astroloba tenax