NG gemeente Smithfield

Die NG gemeente Smithfield is op 23 November1848 gestig op die Vrystaatse dorp Smithfield as die vierde gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Vrystaat en die 38ste gemeente van die hele Kerk. Winburg is die oudste Vrystaatse gemeente (gestig in 1841 as die 27ste gemeente in die Kerk). Smithfield is agt maande ná die NG gemeente Fauresmith (11 Maart1848) en slegs vyf dae voor die NG gemeente Bloemfontein (30 November1848) gestig. Die enigste ander nuwe NG gemeente in daardie jaar was Napier op 26 Januarie.

Die vorige kerkgebou se hoeksteen is in April 1860 gelê en die gebou is in gebruik geneem op Saterdag 29 Maart1862. Dit het £7 000 gekos, sonder die toring en orrel wat later bygevoeg is. Na raming het 1 700 mense die inwyding bygewoon.
Die ou kerk op Smithfield, hier afgeneem in 1917 waarskynlik tydens herstel- of verfwerk aan die toring, wat in die dienstyd van ds. S.J.M. van Niekerk tussen 1877 en 1887 aangebring is. Dit is later gesloop om plek te maak vir die huidige siersteengebou aan die bopunt van Kerkstraat.
Ds. Piet Roux, Smithfield se eerste NG leraar van Julie 1853 tot April 1875, en oupa van die latere Afrikaanse taalstryder, kultuurleier en skrywer Mabel Jansen.
Smithfield se Neo-Bisantynse kerkgebou. Die hoeksteen is gelê op 6 Augustus1960. Die bouaannemer was F.P. van Heerden.
Die preekstoel uit Smithfield se ou kerk word in die dorpsmuseum bewaar.
Die ou kerk.

. . . NG gemeente Smithfield . . .

Die stigting van ‘n gemeente in die distrik Caledon het sy eerste stoot gekry toe magistraat James O’Reilly op Waterval aangekom en dadelik geagiteer het om ‘n gemeente en ‘n leraar te kry. Hy kon al op 15 Mei aankondig dat hy 500 riksdaalders gekry het vir die doel. Op 18 September het sir Harry Smith in die teenwoordigheid van ‘n groot aantal burgers die fondamentsteen van die kerkgebou gelê. By hierdie plegtige geleentheid is 4 000 riksdaalders deur magistraat Thomas V. Vowe aan sir Harry Smith vir die oprigting van die kerkgebou oorhandig.

Hierna is die stigting van die gemeente deur ds. P.E. Faure en dr. William Robertson waargeneem en wel op 23 November1848 op dieselfde plek waar die fondamentsteen van die gebou gelê is.

Die gemeente is eers bearbei deur die konsulent, ds. Andrew Murray sr. van Bloemfontein, tot die eerste predikant, ds. Piet Roux, die grondlegger van die gemeente, in 1853 bevestig is. Hy was die oupa aan moederskant van Mabel Jansen, ‘n nooi Pellissier van Bethulie wat haar later onderskei het as kultuurleier, skrywer, taalkundige en vrou van die voorlaaste goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika, dr. E.G. Jansen. Omdat die NG gemeente Bethulie in 1862 van Smithfield afgestig het, was Roux die konsulent van die nuwe gemeente tot ds. J.H. Cloete eers in Maart 1868 as die eerste leraar van die dogtergemeente bevestig is. Jansen se ander oupa, eerw. Jean Pellissier, was jare lank die sendeling van die Franse Sendinggenootskap wat die werk van die Londense Sendinggenootskap (LSG) op Bethulie kom voortsit het nadat eerw. Clark van die LSG die werk as hopeloos opgegee het.

Smithfield se eerste kerkgebou is eers in 1862 ingewy. In die middel van die 20ste eeu moes dit plek maak vir ‘n moderne siersteengebou. Van 10 tot 14 November 1864 is die tweede Sinode van die Vrystaatse Kerk op Smithfield gehou waar die eerste Kerkwette gemaak en ook later gewysig of verander is. Ds. Piet Roux, van wie ‘n ander dogter, Matilda, met ds. G.A. Maeder getroud was tot haar dood op 22 Maart1905, het sy hele kerklike loopbaan in die gemeente deurgebring en is deur ds. S.J.M. van Niekerk opgevolg, wat hom veral beywer het vir die onderwys van die plaaslike kinders. In sy dienstyd is die kerkgebou vergroot en die toring en uurwerk aangebring.

. . . NG gemeente Smithfield . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . NG gemeente Smithfield . . .

Previous post Hadrianus
Next post Pravin Gordhan