Mabalingwe-natuurreservaat

article - Mabalingwe-natuurreservaat

Mabalingwe is ‘n privaat natuurreservaat in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Die reservaat beslaan ‘n gebied van 12 000 ha en is 38 km wes van die dorp Bela Bela. Dit is ‘n maklik-bereikbare reservaat in ‘n malariavrye gebied van die Transvaalse Bosveld, ongeveer 1½ uur se ry vanaf Johannesburg.

Mabalingwe-natuurreservaat

Land Suid-Afrika
Provinsie Limpopo
Naaste dorp Bela Bela

Mabalingwe-natuurreservaat
Koördinate: 24°50′26″S28°2′53″O
Oppervlak 12 000 ha
Openingsjaar 1988
Bestuursliggaam Mabalingwe Natuurreservaat
Webblad http://www.mabalingwe.co.za
Ingangshek na die Mabalingwe-natuurreservaat.
Swembad onder die W.P. Wessels-dam, een van verskeie in die reservaat.
‘n Geelpooteekhorinkie in die Mabalingwe-natuurreservaat.

Mabalingwe beteken “kol van die luiperd“. Die naam is afgelei van die woorde “mabala ya ingwe” – “mabala” beteken “die kol” in Tswana en “ingwe” is Zoeloe vir “luiperd”.

. . . Mabalingwe-natuurreservaat . . .

Mabalingwe was oorspronklik ‘n mielie– en wildplaas van 2 141 ha, genaamd Boschpoort, wat in 1972 deur die Wessels-familie begin is. Aanvanklik was daar slegs koedoes en rooibokke op die plaas.

In 1987 besluit Basie Wessels om Boschpoort in ‘n vakansieoord te ontwikkel. Die eerste 10 boshutte (chalets) is in 1988 voltooi. In 1989 is seekoeie, renosters en swartwitpense op die plaas gevestig.

Teen 1994 was daar reeds 105 voltooide eenhede. Gedeeltes van die plaas is aan alleeneienaars vir die bou van privaathuise verkoop. Die plaas is ook in die tyd deur die aankoop van die aangrensende Gorcum-land vergroot.

In 1994 keer Basie se seun, Hannes Wessels, ‘n argitek van beroep, terug na die plaas om die karavaanpark te ontwikkel. In dieselfde jaar word Olievenfontein aangekoop en by die ontwikkeling gevoeg. Olifante wat in die Krugerwildtuin uitgedun sou word, is in 1995 na Mabalingwe verskuif. In 1999 is daar met die teling van siektevrye buffels in Hoedspruit in die Limpopoprovinsie begin, waarna van dié buffels in Mabalingwe gevestig is.

Die Itaga-kamp is in 2000 geopen en twee nuwe ontwikkelings, naamlik Boekenhoutplaat en Elandsfontein is van stapel gestuur. In 2003 is Cyferfontein ontwikkel. Teen dié tyd was die plaas ongeveer 12 500 ha groot.

Basie Wessels, Mabalingwe se eerste eienaar, is in April 2008 in ‘n tragiese vliegtuigongeluk op die reservaat oorlede nadat sy girokopter neergestort het.[1]

Vandag is Mabalingwe ‘n gewilde en internasionaalbekende natuurreservaat.[2]

Wildverskeidenheid sluit die Groot vyf in: leeus, luiperds, buffels, olifante en renosters; en ook seekoeie, kameelperde, hiënas, vlakvarke en swartwitpense is ‘n paar van die 36 spesies soogdiere in die wildreservaat. Vir liefhebbers van die geveerdes, is daar meer as 220 voëlspesies om te besigtig.

Daar is gewilde wildritte in oop 4-trek voertuie, konferensiegeriewe, ‘n groot restaurant, kroeg en swembaddens.

. . . Mabalingwe-natuurreservaat . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Mabalingwe-natuurreservaat . . .

Previous post Seksuele stimulasie
Next post Hermien Dommisse