Lodewyk XIV van Frankryk

Lodewyk XIV (* 5 September1638, † 1 September1715), ook bekend as die Sonkoning (Frans: le Roi-Soleil), was koning van Frankryk en Navarra.

Lodewyk XIV
Koning van Frankryk en Navarra
Lodewyk XIV van Frankryk
Skildery deur Hyacinthe Rigaud (1701)
Dinastie Bourbon
Bewind 14 Mei16431 September1715
Kroning 7 Junie1654
Gebore 5 September1638
Château de Saint-Germain-en-Laye, Saint-Germain-en-Laye, Frankryk
Gesterf 1 September1715
Paleis van Versailles, Versailles, Frankryk
Saint Denis Basiliek, Saint-Denis, Frankryk
Voorganger Lodewyk XIII
Opvolger Lodewyk XV
Gade Maria Theresa van Spanje
Françoise d’Aubigné
Kinders Louis, le Grand Dauphin
Prinses Anne Élisabeth
Prinses Marie Anne
Prinses Marie Thérèse
Philippe Charles, hertog van Anjou
Louis François, hertog van Anjou
Vader Lodewyk XIII
Moeder Anna van Oostenryk

Hy het reeds op vierjarige leeftyd aan die bewind gekom onder regentskap van die Italiaanse kardinaal en minister Mazarin. Ná Mazarin se afsterwe in 1661 het hy self geregeer. Sy regeringstyd van 72 jaar, 3 maande en 18 dae was een van die langstes in die gedokumenteerde geskiedenis van Europese monargieë. Karel VIII van Frankryk

. . . Lodewyk XIV van Frankryk . . .

Daar was nie ‘n parlement nie. Lodewyk het deur ministers, wat hy self aangestel en ontslaan het, geregeer. Niemand is toegelaat om sy optrede te kritiseer nie. Sy denke word die beste saamgevat in sy beroemde uitspraak: “Ek is die staat” (Frans: “L’é’tat, c’est moi”).

Koning Lodewyk se berugste prestasie was dat hy die adelstand, wat voor sy tyd min agting vir die Monarg gehad het, aan die kroon onderhorig gemaak het. Dit het hy gedoen sonder gewelddadige optrede. Die adellikes is na die hof van Versailles genooi waar hulle spoedig deur die uitspattige leefstyl verarm het. Lodewyk het daarna aan hulle ampte aan die hof toegeken het met ‘n vaste inkomste. So het die trotse edelmanne dienaars van die Koning geword.

Tydens Lodewyk XIV se bewind was Frankryk die toonaangewende moondheid in Europa. Tog was Lodewyk se bewind ‘n mislukking. Sy oorloë het Frankryk uitgeput en die volk ontevrede gelaat. Die skare het met sy afsterwe, langs die roete van die begrafnisstoet, beledigings na sy doodskis geslinger.

Die Franse Volk se antagonisme teenoor Lodewyk was ook te wyte aan sy eersug, sy haat vir Protestantisme, sy spandabelrigheid en sy korrupte administrasie.

In 1685 het Lodewyk XIV die Edik van Nantes teruggetrek en Protestantisme onwettig verklaar deur die Edik van Fontainebleau. Die Hugenote is uit Frankryk verdryf. Hulle was egter van die beste matrose, ambagslui en boere in Frankryk. Ironies het hul Vaderland nog verdere verlies gely aan die hand van die Koning.

Om aan homself ‘n residensie te verskaf wat in ooreenstemming met sy eie beeld van die mag en grootheid van die Koning van Frankryk was, het Lodewyk XIV die beskeie jagkasteel van sy vader in die woud van Versailles, 20 km van Parys, laat herbou tot die grootste en pragtigste paleis van Europa. Die lang hoofgebou is omring deur talle bygeboue.

Die voorgewel van die paleis was meer as 500 m lank. Die troon- en balsaal was die beroemde Spieëlsaal, wat so genoem word na die sewentien enorme spieëls teenoor die vensters wat oor die park uitkyk. Die plafonversiering toon Lodewyk as heerser oor Europa en die wêreld. Geen moeite en koste is ontsien om Versailles in elke opsig die Sonkoning waardig te maak nie.

Die meubels was weelderig, en oral was daar standbeelde, spieëls, vase en kandelare van goud, silwer, kristal en brons. Die paleis is omring deur ‘n manjifieke park met talle spuitfonteine, vywers en kunsmatige watervalle. Snags is die park met duisende fakkels verlig. Jagpartye, konserte en opvoerings is in hierdie pragtige park gehou. Tydens die bewind van Lodewyk XIV het daar soms tot 10 000 mense in die Paleis van Versailles gewoon.

. . . Lodewyk XIV van Frankryk . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Lodewyk XIV van Frankryk . . .

Previous post NG gemeente Kimberley
Next post Gereformeerde kerk D’Kar