Honduras

Honduras (Spaans: [onˈduɾas]), amptelik die Republiek Honduras (República de Honduras), is ‘n demokratiese republiek in Sentraal-Amerika. Honduras is die armste van die Sentraal-Amerikaanserepublieke, hoewel die land oor groot voorrade ruolie en edelmetale beskik. Piesangs is die belangrikste uitvoerproduk, maar die handel is geheel en al in Amerikaanse hande. Die geskiedenis van die land word gekenmerk deur outoritêre regerings, konflikte met buurstate en natuurrampe.

República de Honduras
Republiek Honduras
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Libre, Soberana e Independiente
(Spaans vir: “Vry, soewerein en onafhanklik”)
Volkslied: Himno Nacional de Honduras
Hoofstad Tegucigalpa

14°6′N87°13′W

Grootste stad Tegucigalpa
Amptelike tale Spaans
Regering

President
Adjunkpresident
Grondwetlike republiek
Juan Orlando Hernández
Ricardo Álvarez Arias
Onafhanklikheid

• Verklaar van Spanje
• Verklaar van die
Eerste Meksikaanse Keiserryk
• Verklaar van die
Federale Republiek
van Sentraal-Amerika
15 September1821

1 Julie1823

5 November1838

Oppervlakte
 – Totaal
 
 – Water (%)
 
112 492 km2 (101ste)
43 433 myl2
Bevolking
 – 2016-skatting
 – 2007-sensus
 Digtheid
 
9 112 867[1] (95ste)
7 529 403
64 / km2 (128ste)
165,8 / myl2
BBP (KKP)
 – Totaal
 – Per capita
2018-skatting

$48,328 miljard[2]
$5 736[2]

BBP (nominaal)
 – Totaal
 – Per capita
2018-skatting

$22,312 miljard[2]
$2 648[2]

MOI (2014) 0,606[3] (131ste)   medium
Gini (2016) 50[4]  hoog
Geldeenheid Lempira (HNL)
Tydsone
 Somertyd
CST (UTC-6)
nie toegepas nie (UTC-6)
Internet-TLD .hn
Skakelkode +504

Dit het ‘n oppervlakte van 112 492 km² en het ‘n bevolking van 7 793 000 in 2009 gehad. Honduras lê in die ooste van Guatemala en El Salvador, in die noorde van Nicaragua en in die suidweste van die Karibiese See. Die hoofstad en grootste stad is Tegucigalpa.

. . . Honduras . . .

Nasa-Satellietbeeld van Honduras
Kaart van Honduras
Kaart van Honduras

Honduras, met ‘n oppervlakte van 120 492 km², grens in die noorde aan die Karibiese See, in die weste aan Guatemala en El Salvador, in die suide aan die Stille Oseaan by die Golf van Fonseca en in die ooste aan Nicaragua. Grensgeskille met Guatemala en El Salvador is in 1936 bygelê en die grense van die lande kom op die Cerro Monte Cristo (2 419 m) bymekaar.

Die grens met El Salvador bly egter vaag en sedert 1970 – ‘n jaar na die sogenaamde Sokkeroorlog – bestaan dit uit ’n gedemilitariseerde sone. ‘n Grensdispuut met Nicaragua is in 1961 vreedsaam geskik. Honduras het ‘n tropiese reënwoudklimaat met ‘n jaarlikse reënval van tussen 2000 en 3000 mm in die noorde en ooste. Die oostelike laagland is baie warm met gemiddelde jaarlikse temperature van tussen 26° C en 28° C.

Die temperatuur neem egter met die hoogte af – op 2 000 m is die gemiddelde jaarlikse temperatuur slegs 14° C. In die somermaande kan groot orkane (byvoorbeeld Fifi in 1974, toe 5 000 tot 6 000 mense dood en 80% van die plantasies verwoes is) die land teister.

. . . Honduras . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Honduras . . .

Previous post Robert Browning
Next post Waffen-SS