Hadrianus

Hadrianus[1] (Latyn: Publius Aelius Traianus Hadrianus Augustus) (Rome of Italica, 24 Januarie76 – Baiae (Italië), 10 Julie138) was vanaf 117 tot 138 die keiser van die Romeinse Ryk. Hy word onder meer met grootskaalse bouprojekte verbind – sy villakompleks buite Rome (in Italiaans bekend as Villa Adriana), die Panteon in Rome en landgoed, sy mausoleum in Rome en die Hadriaanse Muur wat die noordelike grens van die provinsie Britannia aangedui het. In Rome het hy die Panteon laat herbou en die Tempel van Venus en Roma opgerig. Hy was die derde van die vyf adopsiekeisers – en die eerste Romeinse keiser wat ‘n baard gedra het om sy waardering vir die Griekse kuns en beskawing te toon. Dit sou aan hom die bynaam Graeculus of “klein Griek” besorg.

Hadrianus

Keiser Hadrianus. Marmerborsbeeld in die Museo Archeologico Nazionale di Venezia, Italië

Tydvak Adopsie-Keisers
Voorganger Trajanus
Periode 117138
Opvolger Antoninus Pius
Geboortedatum 24 Januarie76
Geboorteplek Rome of Italica
Sterfdatum 10 Julie138
Sterfplek Baiae, by Napels
Geboortenaam Publius Aelius Hadrianus
Adopsie-vader Trajanus
Adopsie-moeder Pompeia Plotina
Adopsie-seuns Lucius Aelius Verus Caesar en Antoninus Pius
Getroud met Vibia Sabina

. . . Hadrianus . . .

Amfiteater in Italica

Hadrianus was afkomstig uit ‘n Romeinse familie uit Italica in die provinsie “Hispania ulterior” (later Hispania Baetica) in die suide van die Iberiese skiereiland. Hadrianus is op 24 Januarie76 gebore, die seun van senator en eks-praetor Publius Aelius Hadrianus Afer waarskynlik in Rome of andersins in Italica.[2] Hy was ‘n groot liefhebber van die Griekse kultuur. Daaroor het hy die bynaam Graeculus gekry. In die jaar 86, toe hy tien jaar oud was, verloor hy sy vader. Hy kom onder die voogdyskap van die latere keiser Trajanus en ridder Publius Acilius Attianus. Nadat hy die “toga virilis” verkry het, besoek Hadrianus as veertienjarige, sy familiebesit in Italica. Hy ondergaan militêre opleiding en die bedoeling was dat hy die familieplase sou bestuur. Volgens sy voog het hy in Baetica te veel tyd aan jag spandeer en daarom is hy teruggeroep na Rome.[3]

. . . Hadrianus . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Hadrianus . . .

Previous post Gereformeerde kerk D’Kar
Next post NG gemeente Smithfield