Barcelona

Barcelona is die hoofstad van Katalonië en die tweede grootste stedelike nedersetting in Spanje na Madrid, geleë aan die Middellandse See. Barcelona is daarnaas die elfde grootste stad in die Europese Unie en die tweede grootste stedelike nedersetting (ná Hamburg) wat nie as hoofstad van ‘n lidstaat fungeer nie. Die stad is beroemd vir sy vele kunsversamelings, byvoorbeeld van Picasso, en geboue wat deur die argitek Antoni Gaudí ontwerp is.[1]

Barcelona

Kaart Wapen
Vlag
 Land  Spanje
 Administratiewe gewes Katalonië
 Provinsie Barcelona
 Koördinate 41°23′N02°10′O
 Gestig op 3de eeu v.C.
 Oppervlakte:  
 – Totaal 101,4 vk km
 Hoogte bo seevlak 9 m
 Bevolking:  
 – Totaal (2011) 1 615 448
 – Bevolkingsdigtheid 15 931,44 vk/km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Xavier Trias
 Amptelike webwerf www.barcelona.cat

. . . Barcelona . . .

Barcelona was die gasheerstad vir die Olimpiese Somerspele en die Paralimpiese Somerspele in 1992. Die stad is bekend vir die sy sokkerklub, FC Barcelona.

Barcelona is geleë in die noordooste van die Iberiese skiereiland, aan die kus van die Middellandse See. Dit is die grootste stad wat aan die Middellandse See geleë is.

Weergegewens vir Barcelona Lughawe, Katalonië, Spanje
Maand Jan Feb Mar Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des Jaar
Gemiddelde maksimum (°C) 13,4 14,36 15,9 17,6 20,5 24,2 27,5 28 25,5 21,5 17 14,3 20
Gemiddelde temperatuur (°C) 8,9 9,9 11,3 13,0 16,2 19,9 23 23,6 21,1 17 12,5 10,0 15,5
Gemiddelde minimum (°C) 4,4 5,3 6,7 8,5 12 15,7 18,6 19,3 16,7 12,6 8,1 5,7 11,1
Neerslag (mm) 41 29 42 49 59 42 20 61 85 91 58 51 640
Bron: Agencia Estatal de Meteorología[2]

. . . Barcelona . . .

This article is issued from web site Wikipedia. The original article may be a bit shortened or modified. Some links may have been modified. The text is licensed under “Creative Commons – Attribution – Sharealike” [1] and some of the text can also be licensed under the terms of the “GNU Free Documentation License” [2]. Additional terms may apply for the media files. By using this site, you agree to our Legal pages . Web links: [1] [2]

. . . Barcelona . . .

Previous post Tytuvėnai
Next post Penélope Cruz